Location
bellville
Job Type
Full-time
Posted
July 12, 2026
Job Description
Steinkopf Versorgingsdienste, Steinkopf (Sluitingsdatum: 15 Junie 2026) Steinkopf Versorgingsdienste (Huis EJ Appies en Immanuel Sentrum vir Gestremdes) is ‘n program van Badisa, ‘n gesamentlike bedieningsaksie van die NG Kerk (Wes-Kaapland) en VGKSA (Kaapland). Aansoeke van gemotiveerde persone met bewese bestuursagtergrond en ‘n positiewe lewensingesteldheid teenoor bejaardes en gestremde persone, word vir hierdie betrekking ingewag. Die aangewese kandidaat sal regstreeks aan die Beheerraad rapporteer, met die opdrag om die strategiese visie te operasionaliseer deur doelgerigte bestuurstake en die optimale benutting van hulpbronne en dienste. Daar sal van die posbekleër verwag word om voorsiening te maak vir die versorging van ouer en gestremde persone, in ’n veilige en vriendelike omgewing asook die ontwikkeling van gemeenskapsgebaseerde dienste vir ouer en gestremde persone. Die bestuurder is verantwoordelik vir die algehele bestuur en gehalteversekering van die fasiliteite, wat in...